Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hoeveel seisoene word ons gegun...

Kleur karmoesynrooi en olyfgroen -
stadig krummel lewens blom blaar
goudbruin... druil die aar,
wyl koue en swartryp – leweloos verslind
bleek vaal skelet, identiteit ontbind.

Roosmaryn verdriet...

Skyn dowwe sonstraal op stingel troos
en groei beurend tussen kompos
en lewens reën – reën op af oor gros
se niks... embrio in laaste hoop.

Staan jy op tussen kappertjies,
gousblom en armmans orgidee
of bly jy lê, bejammer – of gee
empatie tussen anemone en salies?

Swiep soos 'n uil oor vlaktes,
staan geil soos koring en mielielande
totdat die oes ryp is.

Besluitloos op 'n daaglikse kruispad...
ongekend op 'n eindlose sending,
een in hartklop sonder erkenning -
gekniel – verniel voor vader tyd
in sy somber gewaad.

*Roosmaryn – sinnebeeld van herinnering



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kruispad seisoene
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KRUISPAD projek.
4 jaar 8 maande 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar