Titel: Krulkopseun van Colesberg - opgedra aan Chester Meyer
Weergawe: 1
Aantal woorde: 139
Kere gelees: 41
Datum gepubliseer: 12 Jul 2010
Nederig gebore en getoë
het jy kleintyd jouself onderskei
jou knieë afhanklik voor Hom geboë
het Hy jou na jou skeppingsdoel gelei
Paulus het geplant, Apollos natgelei
maar God kry die eer vir die groei en seën
so is jy ook vir die lewe voorberei
aan jou afrigters soveel vreugde verleen
Van KOVSIES na Londen en Italië
het Hy sy genade nie vir jou verberg
Ons verwonder ons aan Sy Skepperweë
wyl jy guns verdien en roem verwerf.
In verwond’ring sit ons vasgenael en luister
na jou spel ... jou talent tot Sy eer gewy
Jy laat toe dat die Gees sag influister
wyl jy improviseer en begelei
Jou orrelspel verenig bruin en blank
bring die beste uit mense na vore
Ons hoop verseker ons wag nie te lank
om meer te hoor van jou sewe kore
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Piet Schoombie
Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.