Weergawe: 2
Aantal woorde: 181
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 04 Feb 2016
op facebook ń man
meester van die vals profiel
giftig soos ń slang...
Skrywer van ń "kookroman"
wat kitskos ook verbrou
lanterfanter op die internet
wyl manlief saans honger
in verkoolde potte rond moet grou
Meesterkok en prokureur
ook ń wewenaar
Befaamde skrywer en fotograaf
wat soos ń adder kan verlaag.
Ek sien die naakte hoenders
op die omslag van haar boek...
Vasgeklem in haar kloue
laat los haantjie van sy broek!
ń Kookroman vol prikkellektuur
liefdesbroodjies wat bly flop
Internetkiekies uit die natuur
want die fotograaf is ook die kok...
As die skrywer ń fotograaf is
is die kok die prokureur
wie ń bemoeisieke wewenaar is
wat oor sy gebroke ego treur.
Ellendige spektakel
skisofreen as jy mý vra!
Die galsmaak van die waarheid
sal ń leë dop vir altyd pla.
Voor jy wraakseiers
op ń ander breek
moet jy jou hand eers diep
in eie boesem steek!!!
Diep diep in jou eie hart
lê die wortels van jou ongeluk
Wurg salig aan die pille
wat jý jouself maak sluk
Naamlose pseudoniem
kuberkokkewiet
ek speel blondelings saam terwyl ek sien
hoe jy jou eie poot afskiet!
Lees ander gedigte deur Loretta Szikra
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Kokke wie? Piet my vrou!