Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Lewenstergende dramas bly deur my sny
terwyl realiteit haar vingers oor my wese vly
gedagtes deurmekaar kraaines
liefde se ongenadige lewensles
hardnekkig in my siel grommel
soos donderweer teen slape trommel

wil jou warmte teen my voel
hande deur jou hare woel
lyf aan lyf jou hartritme ervaar
in jou sielvolle oë staar
om te sê jy is lief vir my
waai sagwind my hart verby

kan jou geensins gewaar
kry verlange in my nie bedaar
weet jy bedoel elke woord
gaan hiermee halfhartig akkoord
tussen diep asemteue steek dit vas
van liefde wat op kuberruim pas

dis immer net 'n droom
met klein tikseltjie goud omsoom
fantasie se mistroostigheid
geen saam wees kwaliteit
bly ek beur met trae tred
irreële arms wat my beet het

waar pas geuk in hierdie mistigheid
waar staan liefde met sy kwistigheid
immer vrees en onsekerheid
twyfel aan geloofwaardigheid
tyd sal nooit die leemte kan vul
nuwe vyandskap wat wese omhul.

Joan Lotz 2013-08-15



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
irreële .. !Treffend! Dis mos maar hoe enige kuber vriendskap / liefde is .. "totally unreal" .. geen werklike (eerder "tasbare") saamwees kwaliteit.
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


Kuberliefde
In die kol
Thanks
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Kuberliefde
Super puik verwoord.. ja kuberliefde het versteekte penvere wat diep kan verwond... die realiteit moet nooit vergeet word nie.. het n gedig "facebook" geskryf oor soortgelyke situasies .. nie so goed soos joune nie .. maar gaan lees gerus.
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Kuber ...
Mooi geskryf Ma-L
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar