Gedigte

Titel: Kwarteeu gedagtes

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God moes gelag het
die dag, 25 jaar gelede,
toe ons met wankelbene
ons lewe saam begin het.

Geglimlag in sy mou
die dag toe die popsedyne
hul eerste lewenslig aanskou het.

Geskater op 1 Januarie 2007
toe jy jou lewe op sy kop gekeer het.

Snaaks hoe mens die vreugde onthou
die gaar, swaar tye doelgerig wegskuif, vergeet.

In net 25 jaar
van onpaar tot pasmaats geskaaf.



Kommentaar

25jaar - klink soms soos 'n eweigheid. Mooi geskryf, vol humor en hoop.
3 jaar 3 ure 26 minute oud


Moes net weer hier kom lees ...
Linnie ek onthou so goed toe jy jou eerste gediggie vir ons gestuur het. En vandag weet ek weer: jy KAN en MAG maar!!!
Wou net weer hierdie gunsteling van my kom lees. Liefde in die kringetjie. Ekke.
3 jaar 3 dae 5 ure 27 minute oud


Linnie en vir jou het ek RESPEK!!!!

Chim
3 jaar 1 week 4 dae 18 ure 6 minute oud


25 and going strong
En, daar moet tog nog ink uit jou pen vloei?
3 jaar 3 weke 22 ure 34 minute oud


Maalklippe - Met tyd vul dit al die holtes.
3 jaar 1 maand 1 week 4 dae 18 ure 42 minute oud


Kwart
Welcome to the club! Ek staan (trots) op 32.
Goed verwoord.
3 jaar 3 maande 6 dae 22 ure 36 minute oud


Ai, die sakke sout wat 'n mens saam aan kou; die jongetjies kan gerus kennis neem!
3 jaar 3 maande 1 week 2 dae 2 ure 5 minute oud


v99
Baie goed. Mens wonder soms waaroor daar alles geglimlag word terwyl ons so trial en error groei.
3 jaar 3 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


Ai Linnie matertjie dit is PRAGTIG!!
Hoe geseend is ons nie wat geluk gevind het. Jou lyne het my hele menswees verwarm!!
3 jaar 3 maande 1 week 4 dae 9 ure 54 minute oud


Aaaai... pragtige, ver onthou gedig (oor liefde wat uitgewerk het, want julle t mekaar gevorm met die jare...) Groot geniet.
marcie
3 jaar 3 maande 1 week 5 dae 17 ure 53 minute oud


Oulik, het geniet!
3 jaar 3 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


kwarteeu
pragtig linnie..m
3 jaar 3 maande 1 week 6 dae 3 ure 45 minute oud


Lekker om sulke mooi memories te hê. Liefde is so 'n sterk emosie, ek dink ons onderskat die krag daarvan!
3 jaar 3 maande 1 week 6 dae 5 ure 25 minute oud


beautiful!
en die slot is pragtig.
3 jaar 3 maande 1 week 6 dae 5 ure 27 minute oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar