Projek: PROJEK – HANDE (2015-09-30 tot 2015-10-13)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 130
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 08 Oct 2015
die hande neem die vormlose klei en plaas dit grof op die gorrende skyf
daardie hande weet om die water uit die klei te dryf
terwyl die skyf met die klei so draai
vorm die bedrewe hande die klei met elke swaai
die vakman se hande ken so goed sy klei
daardie hande het dit self sag en vormbaar gebrei
sy hande werk sag en sekuur met die klei
die hande wil die regte vorm daaruit kry
die hande vorm nou 'n soepel kruik
ander hande moet dit nuttig kan gebruik
sy hande vorm en druk die kruik enig in sy soort
die kruik se eie karakter soos dit hoort
sien jy merke op die hande wat die klei so brei
daardie Hande met spykers deurboor vir jou en my!
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae