Projek: PROJEK – HANDE (2015-09-30 tot 2015-10-13)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 187
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 08 Oct 2015
hy hou maar die ander van die out'huis so dop
gee hier en daar 'n handjie waar hy kan
hand van vriendskap om liefdesdraad te span
die dowwe eens grysblou helder oë
blik met silverhoof en postuur geboë
hy staar na sy ou hande verrimpel en bleek
blou are plek-plek nog kleur uitsteek
ai, kyk hoe lyk die ou twee hanne van my nou
as hul so pynlik en stadig hulle vat moet vou
die onthou bly nog staan
hierrie hanne, ja hierrie twee hanne het hul weg gebaan
as hul maar net kon weet
hoe't die twee hanne al geswoeg en gesweet
hierdie hanne kon vou in gebed, bakhand genade vang
na Hom opgehef in vreugde- en lofprysgesang
om hartseer-mens het dié twee hanne liefde gedruk
sonder om te dink aan eie geluk
...oor sy hand op die kierrieknop
sag vou 'n warm liefdeshand
"kom pa, vat my hand
ons gaan maar na jou kamer se kant"
dankie Heer vir anner hanne wat my ook kan dra;
in U hanne is ek veilig; wat meer kan ek vra...
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Anria
Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.