Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


diep in my hart is daar ’n plekkie
deur niemand ooit ontdekkie
tot jy daarin kom woon het
en almal nou jou huis belet


ek is dankbaar, ek is bly
en sal jou nooit ooit bevry
jou plekkie sal ek sluit
jy is my hart se buit


jy het gekom om my te leer
hoe om jou naaste te begeer
sou dit dan sonde wees
het ek geen vlees, net gees


maar ek is ook net mens
hart, kop, arms en pens
wie seker ook mag droom
en hoop sonder skroom


soos eenmaal lank, lank gelede
is in my hart nou vrede
’n skelm rower het ek lief
jou min ek, mooie hartedief


jy het my hele hart gesteel
dis amper-amper krimineel
deurdat jou dade my behaag
het hierdie rooftog net geslaag


maar steelgoed is nou hougoed
soos ’n eed gesweer met bloed
sal jy my altyd lief moet hê
eer ek voor God ’n klag sal lê….


Sidney E. Cloete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kyk so 'n skelm
Jong, ek hou van die gedig omdat hy so baie sê wat waardevol is. In 'n manier remind hy my aan gedig wat ek geskryf het Jackal. Joune gaan net in soveel diepte in en dis wonderlik.

Groete

Chenél
12 jaar 9 maande 3 weke 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar