Gedigte

Titel: kyk,Hy kom op die wolke !

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

..en elke oog sal Hom sien....
die oproep hou my op my tone en
ek wil so graag reg wees as Hy kom
jarelank al ken en sing ek die liedjie
van verlange,'n hoop,nee wete, dis waar.
as Hy weer kom,as Hy weer kom,kom haal
Hy sy kinders,ek gaan saam met Hom
na Sy hemelshuis.ek verlang nie na
goue strate of perelpoorte nie
net Sy nabyheid,die Een van wie ek
al so lank leer,liefhet en na wie
ek luister as Sy stem in 'n lewe
soos myne fluister, wat nie volmaak is nie
maar gewas in die bloed van die Lam.
Here,kom tog gou!Maranatha !



Kommentaar

Kyk, Hy kom..!
"...maar gewas in die bloed van die Lam." Amen!
4 maande 2 weke 3 dae 20 ure 7 minute oud


Kyk, Hy kom op die wolke
Ek sien so uit na daai dag ! Yipeee !
8 maande 2 dae 5 minute oud


Voorwaar
Dis Sy belofte aan Sy kinders en ons wat op daardie dag!
8 maande 4 dae 27 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar