Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos 'n blom wat bot
in geur verblind
blaar vir blaar
alom baljaar
sy lief my
sy lief my nie
kokon vervlinder uitgestrek
in onsekerheid
ontdek te word
sterker te groei
in wortels verdiep
deur storms
drang verleiding
verglyding
soos 'n duif
eers in sirkels
doelloos blyk
een rigting kyk
sy pad terug te vind
dit nuut te maak
beter getong
die druiftros ryp
te pluk in geduld
in brailleskrif voel
vinger vir vinger
beeld opbou
versteende kennis
verouderde wyn
die stof af blaas
spinnekop verweb
maar binne vars
behoue gebly
stadig na binne gly
en die hart verbly
'n "vintage" jaar
bietjie ouer
minder mooi
maar mooi meer
en soveel lekkerder
'n Passiespele
die liefdes-dans
'n siele glans
vir ewig

Hoe ouer 'n mens word..., hoe belangriker is dit om weer die liefde te ontdek..., en herontdek..., op soveel verskillende maniere..., om dit lewendig en aan die gang te hou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
goed geskryf...
soos n vloed van emosies op rapid fire....
n Kompliment vir die liefde...
6 jaar 7 maande 1 week 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar