Gedigte

Titel: laagwater
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

sielstriestigheid rankplant
deur haar gemoed -
klaagsang deur haar
oorlogverslaande hart

nog ‘n gladde tong
het gestruikel oor klippe
voor grafkelders
van verketterde beloftes

die versmaaide offerande
van wurmgevrete liefde
is in die swart gebrande konfoor -
lank reeds verskroei tot as

die uitgediende reënboog
het sy fleur verloor -
soos ‘n plastiek blommekrans
sonder geur

die onvoltooide kringloop
se vervreemdingsdans
is in volle swang -
eindig met ‘n geëelte niks

op die afgrond van geen terugkeer
word breekklippaadjies moedig gekap
en sy vind ‘n mondjievol hoop
in haar laagwater-gemoed



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoop
Hou net vas aan daai mondjievol hoop en dit sal nog in strome verander.
7 jaar 6 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


laagwater
Sjoe!
Hierdie is grafies en ook die laagste wat water kan daal!
Ek hoop dit is nie
werklik nie maar net
'n goeie stuk lewenslike drama
7 jaar 6 maande 1 week 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar