Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die horison toon geen hoop
en die erfenis word gestroop,
vuur en vlam is 'n probleem
met mierneste wat oorneem.

Daar is net 'n flou skynsel
van gras wat wegkrummel,
die veld is verslaan, verlep,
met genade word herskep.

Stadig kom daar weerstand,
tranewolke vorm oor die land
en laat al wat leef angstig wag
terwyl honger en dors stil lag.

Met oorgawe kom 'n genade,
word die veld eindelik gelawe
en lewe rig homself weer op
met 'n wil wat nog sterker klop.

18/11/2015 © C. du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Laasnag se droom
Pragtig. Gelukkig het jou droom toe werklikheid geword vir vele plekke in ons land. Baie mooi.
4 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


Droom
Baie mooi uitgedruk. Ek dink die droogte (in alle vorme) is voorop in ons almal se gedagtes.
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Droom
Pragtig gepen Casper, ja ons het in die Bosveld ook baie goeie reen gekry na hierdie geweldige hittegolf en kan net jubel en juig want God hou die aarde in stand!
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


droom
Ek dink jy het baie goed gedoen met hierdie een. Goeie slot waarin baie waarheid vervat is:-)
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


hoop
ai Casper dit bly droog hier in Kroonstad. Ons hou die wolke dop en dit lyk so belowend maar helaas niks gebeur nie
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


Z
Strofe twee staan vir my sterk uit in hierdie gedig van hoop.
4 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar