Gedigte

Titel: Laaste asem vir jou hart

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die aand speel op sy laaste snaar
ek sit regop
met ken op knieë
en hou jou dop

jou slapende lyf lê weer skuins
met ‘n taal van dominansie
oor die gevlekte matras

ek luister na jou tweedehanse asem
en hoor die pynkreet van duisende verborge siele
wat deur jou tong verpletter word

jou hand val uit jou donker drome uit
en raak sonder doel aan my vlees
en die swart gloed van walg
sny deur die laaste bietjie van my gees

selfs in jou oomblik van stilte
kan ek hom in jou sien
daar waar hy vir jou fluister
hoe om siele te verkalk

maar môre is amper hier
en al wat ek nog hier moet doen
wag in jou laaste spytnaald
die een met die klein lig borrel
die laaste asem vir jou hart



Kommentaar

Kouerilling werk.Uitsonderlik.Donker.en briljant.en groots.************
2 jaar 1 week 2 dae 17 ure 27 minute oud


Laaste Asem Van Jou Hart
Sterk. Baie hartseer is hierin opgesluit
2 jaar 7 maande 1 week 4 dae 4 ure 26 minute oud


Mel
Jy het 'n paar crazy beelde hier gebruik! Mel
2 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 3 ure 9 minute oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar