Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die posstelsel vanaf die grens was soms maar stadig. Hoeveel keer het dit nie gebeur dat daar nog briewe by die huis aankom wat deur die soldaat geskryf was, nadat hy reeds begrawe was nie. 1985.

Die brief uit Oshakati in haar hand
Sy handskrif met soentjies aan die kant
Sy wou dit lees maar wou ook nie
Sy begrafnis was gistermiddag tien voor drie

Sy wissel die brief van hand tot hand
Asof die koevert haar hande brand
Druk dit teen haar geswole buik
Wyl sy haar seuntjie se oë ontwyk

Soos hy vraend na haar staar
Onderdruk sy die skielike naar
Sy is sterk om sy ontwil
Om haar ontwil is hy ook stil

Oor sy wang ʼn biggelende traan
Sy gesig vasgedruk teen haar aan
So oorbrug hy en sy die groot verstaan
Van lewe wat kom en lewe wat gaan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

laaste brief
dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefde projek
4 jaar 10 maande 1 week 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar