Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op die naat van sy rug
uitgemergel van pyn
kyk hy oor die vallei heen

hortende asemhaling
oë betraand
vol heimwee

soekend na sy maat
ver bo in ‘n boom
hou sy hom in oog

twee oë ontmoet
hulle weet, tyd loop uit
die einde is hier

sy klouter af
vir oulaas plaas sy haar poot op sy poot
vryf hul koppe liefderyk teen mekaar

hartseer vee hy oor haar
sit sy poot op sy bors
boggem sy laaste asem uit

betraend kyk sy op
in sy dooie oë
vee vir oulaas oor sy gesig

eensaam staar sy hom aan
in sy laaste groet

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

groet
Diere is soms beter as die mens.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


groet
Ans hierdie is werklik baie mooi en onderstreep die feit dat diere ook gevoelens het
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


laaste groet
sjoe hierdie is hoendervleis mooi gepen
4 jaar 8 maande 4 ure oud


Groet . . .
gebeur dit regtig só? Ek het nooit besef dat bobbejane ook só kan voel nie. Dis wonderbaarlik!



(*betraand)
4 jaar 9 maande 1 week 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DIE WIEL DRAAI

    deur neels claasen

    Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar