Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Niks
kon my werklik voorberei
vir die aansit

van die laaste maal

ongenooide eregas
met
lapservet
koue eetgerei wat lê
op damask linne
jammerlap
en
kerse
vir
sagter
lig

als gedek
vir die koningin
wat ek nooit
vir
jou
sal
wees

Here, seën hierdie maal

-BB-
12/10/2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gunsteling
Hierdie is so uitstekend dat ek dit nie eens gaan bederf met my onbeholpe kommentaar nie.
7 jaar 3 weke 17 ure oud


kommentaar
dis so eina ek weet nie wat om vir jou te se nie. baie goed uitgebeeld.
7 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


"ongenooide eregas"
Uitstekende gebruik van die oksimoron Bobette.
Ek hou ook van hoe jy tog die "koningsmaal" afsluit met 'n kort gebed en steeds dankbaarheid toon vir "niks".
Ai.....
7 jaar 3 maande 5 dae 22 ure oud


Treffend
Goeie skrywe!
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


Laaste maal
Baie hartseer
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar