Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis ’n grys omgewing. Alles is logies, daar is vier hoofstrome gedagtes, jy kan ’n tou aan elkeen vasmaak (om nie weg te spoel nie) en so sal jy kan onthou om die droom se betekenis te ontrafel en vergiffenis te bekom. – Breyten Breytenbach.



Na ongeveer 37 meter het hy geval
Die naald was vyf sentimeter te diep
in sy arm
Gordyne is niks anders as blote skaduwees in
Da Vinci se drome nie
Dit was herfs -
ontbinding het in die lug gehang
familie portrette het skeef gehang
moontlik het ek gevlug om myself op
te hang

In Nirvana is daar bloedskande
want Boeddha is ’n pedofiel
Sneeuwitjie en Swart Bloed het ’n misterie van
haat onder die brug verkondig
Nou forseer ek skerwe tot diep onder my vel

Die son het in my neurotise are gesak
Die boodskapper was ’n paar minute laat
Nou vind hulle spore van ’n simfonie
tussen gehawende poppe
in die woud



© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

laaste spore
baie goeie gedig WOW!!!!
5 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 11 ure oud


die weervoorspelling
uitstaande werk
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar