Gedigte

Titel: Laaste uur
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy plant nog ń herinnering
sodat sy kan onthou...
as die gedagtes eendag dofraak
is dié ook, in hul boek behou.

Toe sy hart se punt gebore is
het hy dít met haar gedeel;
dat sy liefde nie verlore is...
maar vlees van sy eie
het nou sy hart gesteel.

Met die maan oor hul gelaat
het hulle lepel gelê
tot vroegoggend gepraat...
oor wat hul harte graag wou hê.

Nooit op papier gebind
net siel aan siel met
hartshunker vasgesmee...
behoort die een nie aan die ander
en opsetlik blind
vir die hart se weë.

Brakbittertrane oor wange
in ń streid om te laat gaan
Deurmekaar gevange
skop hul teen die uurglas
wat verseg om stil te staan!

'wyl hulle twee nog smoorverlief
moes vasklou aan hul laaste uur...
het die son soos ń dromedief
oor Meintjieskop kom gluur.

In môrestond is loofgroen drome
haastig opgeraap
om nog leemte nog letsel
aan hul hartspansels te maak!




** Gedig no 100 **



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

laaste uur
"het die son soos ń dromedief
oor Meintjieskop kom gluur."
Hou hiervan. Goed gepen.
4 jaar 5 maande 1 week 1 uur oud


Laaste uur
sjoe jy het hierdie een diep gaan haal .. PUIK gepen
4 jaar 5 maande 1 week 10 ure oud


*
"skop hul teen die uurglas
wat verseg om stil te staan!"

Elke tikkie tyd is kosbaar, in hierdie twee lyne vat jy dit tog so mooi saam.

Die verbode vrugte, wel liefde nie wellus, word waaragtig mooi vasgevang hier.
Hierdie gedig is 'n anderste mooi en 'n anderste verkeerd.

Grys.

Meer woorde het ek nie.
4 jaar 5 maande 1 week 2 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar