Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Kyk, hulle wil jou wegvat;
jou vir die wolwe gooi.
Ja, maar ek ken reeds daai
roofdiere – die kamtige slagtande is
niks anders as vergrote ego’s nie.

Wat as hulle jou siel vir die
man met die geel oë doer onder
in die donker gang gee?
Jou liggaam in ’n vlak graf
tussen spinasie en tamaties
begrawe?

Miskien sal ek dan protes aanteken
deur my middelvingers in hulle
oë te druk.
My tande was nog altyd skerp – skerper
as die stupid wolwe s’n.

Indien my protes misluk, sal my
lyk ten minste goeie kompos
vir spinasie en tamaties wees
en my siel ’n getroue hofnar vir
’n blinde koning wat homself
met sy eie tong probeer

kruisig.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

totsiens
Sjoe ek kry skoon koue rillings! Briljant geskryf!
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Totsiens
ek hou van jou sterk slot.. puik gedig weereens!
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


totsiens
Waarheid is hulle kan dalk met jou liggaam maak wat hulle wil maar niemand kan jou siel aanraak nie. Voortreflik beskrywende slot.
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


die weervoorspelling
goeie werk T.
Veral die tweede deel is uitstaande.
EN jy eindig sterk!
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud



Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar