Gedigte

Titel: Laat somer liefde

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Here,
vir hom wil ek graag ‘n bos rooi rose pluk.
Magrietjies en kruie in ‘n groot pot wou druk.
Of ‘n boepenswolk voor hom uitstuur,
om die son te terg….
Selfs die silver maanstrale,
om sy kop wou vleg.
Terwyl ek ‘n wip stel,
om vir hom die briesie te vang.
Kan ek dalk vir hom soen,
saggies op sy wang?
Miskien liewer ‘n sterretjie pluk,
en vir hom ‘n kopkussing maak?
Net om vir hom te wys,
hoe hy my hart aanraak!
Ek wonder, wat sê U?
A3
9 Mei 2011



Kommentaar

Laat somer
Baie mooi. Hou daarvan.
1 jaar 1 week 20 ure 39 minute oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar