Gedigte

Titel: laat-somer vers

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

subtiele winter-frekwensies
skarnier en skaaf
haar vervalle lyf.
in die groen van haar oë,
raam sy oulaas magriete
en bloureën en haar tenger
voete probeer desperaat die
somer-se-laaste stert vastrap...
"Bly nog net 'n week of wat?" -
smeek haar hande die
swaels wat in rustelose rye
oral sit.

Haar hart hang bewend
in haar binnekant
want sy weet
dis onvermydelik.

dis tyd...



Kommentaar

Nog 'n stunning gedig. Ek gaan eers ophou lees - Jy hoef nie die hek hier op hou werf vir my oop te hou nie - ek klim lag-lag oor en kom ongenooid by al jou mooi woorde komtaartjies skribbel (,")
3 jaar 1 maand 1 week 7 ure 11 minute oud


Dis uitstekend geskryf, dis pragtig!
3 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 11 ure 31 minute oud


Marcie wat kan ek se as wat almal reeds gese het...jy is eerlikwaar 'n natuurlike digter. Ek lief jou werk!!!

WK:)
3 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 18 ure 19 minute oud


Jou woordkeuse en verse
skep ongelooflike beelde en stemming van die najaar.
Pragtige gedig!
3 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 19 ure 7 minute oud


Oe mooi.
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 3 ure 53 minute oud


O, Marcie! wat 'n belewenis is dit nie om jou gedigte te lees nie!
Pragtig, pragtig.
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 4 ure 48 minute oud


laat somer
Dis tyd om te gaan. Die winter breek ook vir jou en vir my aan, is ons ook altyd gereed om te gaan? Baie mooi bewoord.
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 4 ure 53 minute oud


Hi Marcie

...ek beleef hom so saam met jou...ongelooflik mooi!
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 6 ure 3 minute oud


Fantastiese beelde en atmosfeer. Hoe gou breek die herfs en winter van die lewe ook aan. Besonders!
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 6 ure 18 minute oud


groots....
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 10 ure 34 minute oud


Hierdie vers skarnier vanmore aan my lyf se ritme. Dis asof jou woorde my eie hartseer en onmag, volkome beskryf. Die gletser kom. Ek het hierdie uitstekende gedig oor en oor gelees en hardop en jy moet weet dis n magtige gedig. Net die tweede reel van die tweede strofe pla so effe. As jy hom weer lees en hy pla jou nie dan los jy hom netso. Groete in erkenning. A
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 11 ure 46 minute oud


ek lees hierdie mooi gedig en voel ook rusteloos oor die naderende herfs. sou ek maar die somer 'n week langer kon vashou.
a.
3 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 11 ure 56 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar