Gedigte

Titel: Laat vreugde van binne blom.

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Loof Hom prys Hom eer Hom
Dat jou vreugde van binne blom
En so sonskyn in jou lewe kom
Plaas God altyd in beheer
Hy stort sy seen soos reëndruppels neer

Laat jou dorstige siel middellik drink
Dit laat ‘n wonderlike lewe wink
Niemand kan dit betwis
God se liefde is oorvloedig dis gewis
Hou op om skaam te wees
Of om verwerping te vrees

Erken Hom as jou God
Dit is dié groot gebod
Waar jy gaan wat jy doen
laat jou optrede met God’s wil versoen
As onsekerheid jou laat bewe
Bang vir die storms van die lewe

Of Wanneer vrees jou wil onderkry
Moet jy dit net voor God bely
Wees dankbaar voor jou Heer
En laat hom jou lewe beheer!
God gee sy liefde sonder voorwaarde
Ons met dit net aanvaar volgens waarde

Lig jou gesig dat die reëndruppels
Van seen wat uit die hemel reën
Jou siel benat en deurdrenk
Dit is God se genade geskenk
Aan jou en my
Daarom is ons van ongeloof bevry

Geskryf deur Ans Coetzee
© Kopiereg 2008





Kommentaar

More sê,
weereens net jy. pragtig sielvol. K maak elke dag so 5min tyd om te kyk na die blad. liefde daar
3 jaar 9 maande 2 dae 6 ure 24 minute oud


Ans, dis die mooiste gedig hierdie wat ek saam met my wil neem elke dag. dankie daarvoor.
3 jaar 9 maande 5 dae 2 ure 9 minute oud


Dis net Hy wat vreugde van binne moontlik maak!
3 jaar 9 maande 1 week 9 ure 13 minute oud



Katarsis

deur tribalmoon

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar