Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat beteken draai na binne, draai tog na binne
glo beteken, tog harts heel nuwe beginne
die ding van in rondte loop, na binne draai
ja vat tog bietjie ‘n heel groot raai

Het jy al geloop ‘n labyrinth al om en om
party mense dink dit is eenvoudig baie dom
so soekend na jou siel in grond iewers in sirkels daar binne
gedagtes met jou siel te vernuwend met nuwe sinne

Doen dit tog gerus, die ding van loop om en om
dit is nie regtig soos mense se eenvoudig dom
dit gee jou heel nuwe lewens perspektief
dit gee jou beter watookal, of mense naaste lief

Die lewe is kort maak beste daarvan
doen dinge wat jy nie voorheen wil of kan
draai tog na binne en bekyk jou lewe
lewe deur God net eenmaal gegewe

Bekyk eenvoudig jou hart van binne
kyk mooi of dit maak enige sinne
gaan jy voort met jou lewe soos dit is
klaar met jou bucket list, gereed vir die kis

wil jy verander vernuwe jou lewe
die ene spesiaal deur God gegewe
maak dan jou sinnelose gedagte reg
plaas jouself op die nuwe Godlike weg

# Bogenoemde gedig het te make met my ondergenoemde ervarings.
Vir ons 34 jarige huweliks herdenking het ons na Mc Gregor gegaan vir die naweek en by Temenos oorgebly om lof aan ons Hemel Vader te bring. Ons het die pragtige tuin ’n paar keer bewandel terwyl ons ‘n paar keer gaan staan of sit het in spesiale ingerigte plekkies om privaatheid te verseker, te bewonder en met die Here gepraat en Hom bedank vir 34 gespaarde jare wat ons saam in liefde kon deel.
Dit het ons laat voel ons is in die Paradys se tuin so pragtig is dit met al die bome, plante, blomme, voels, fonteine, geheime hoekies en stilte plekkies ensovoorts waar daar boekies met gedigte was wat ons vir mekaar kon lees in die pragtige geheime. weggesteekte geboutjies. Ons het baie dinge gesien, gelees en beleef, maar gelukkig nie die boom met die verbode vrugte teegekom nie. So ons het nie nodig gehad om vyeblare aan te trek nie, want ons kon gemaklike klere dra. Ons het ook die Labrinth gestap en gelees in hulle biblioteek met baie interesante boeke oor so ‘n wye spektrum wat ek nog ooit gesien het. Hulle hou ook daar ‘n spesiale naweek wanneer digters van oral oor kom om mekaar te inspireer met hul werke. Dit is spesiaal ingerig en toegerus vir mense wat in stilte op ‘n Retrait wil gaan en hulself op ‘n Christelike wyse van binne wil ondersoek.

14 Maart 2015




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Labyrinth
Baie geluk dat julle dit albei uithou :-)))
'n Labyrinth is 'n heerlike ding. Eenvoudig, maar kragtig as 'n mens bietjie aandag gee.
4 jaar 7 maande 4 weke 19 ure oud


34 jaar...
pragtige gedig... dankie ook vir die deel van hierdie kosbare herdenking en getuienis!
4 jaar 8 maande 3 dae 19 ure oud


Binne
dit is nou werklik n pragtige getuienis
4 jaar 8 maande 4 dae 6 ure oud


YRINTH, DRAAI NA BINNE
Ja, Schats, ek glo earlike introspeksie is 'n deurlopende oefening om jouself beter te ken en veral dan as dit geskoei word op die wonderlike waarhede van God se Woord.
Ek het jou onderskrywe tot jou werkie ook belees en dit heel insiggewend en interessant gevind. Wat nogal opgeval het is die liefde wat dit uitstraal.
Mooi bly!
4 jaar 8 maande 4 dae 8 ure oud



Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar