Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Onthou jy nog die Slamaaier smous

en sy donkie wat stadig loom

in sy sonnedroom...

langs pop'lier in die oggend dou?



Van appel en granaat

tussen als en nog wat

snuitery en twak

tot lappies lap en brokaat



vir 'n sjieling of twee

koop jy 'n week se snoep

vir algar oppie stoep

voordat die donkie tree.



Ma koop bont lappies lap

met naald en garing...

ek staan en kyk teen die varing

hoe sy met die bont lap stap.



Die kole glim nog in die koolstoof

met die geur van warm brood

en ma sit met die lap in haar skoot

voor sy die kers uit doof



steek vir steek, lappie vir lappie

maak sy 'n skepping van bont onthou'tjies

van smouse en donkies,

warm brood en oumens kappies.



Ma - maak my toe onder jou lappies kombers

sorg'loos warm met 'n hart van 'n kind

sonder suur of oumens kwint

in hierdie grootmens wêreld en sy donker kers.


Ek wil kind bly met suiwer

laggies vergifnis so opreg

sonder volwasse huiwer

en alewig twis op jou weg.



Grootmens seer so groot -

ons lief het verloor langs die pad

al soek jy in die sloot

het riool jou hart gevat



hoe maak mens heel

sonder hartklop se doef-doef-doef

as smart jou geluk steel

en liefde jou op skroef?



Nestel saam hier onder my lappies kombers

wyl ek 'n konka brand maak

teen die wêreld se kou en harteleed

prewel ek 'n gebed met 'n brandende kers

totdat my woorde die hemel raak

en die engele ons geluk af meet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Pragtige taalgebruik!
8 jaar 10 maande 4 weke 3 ure oud


die weervoorspelling
hou hiervan.
n mooi onthou
8 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar