Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n stukkie lap sleep in die sand;
my hart is gebroke -
die stukkies glas
verinneweer
my fyngewerkte some

Elke keer as ek val
vat die opstaan net langer
vuil watte en ou gare
merk my spoor -
verlore verwerpte drome
van onskuldige naïewe jare

Strompel uit teen die berge
vir die soveelste maal
op hierdie bekende pad
en steeds voel ek so verdwaal

Op my verweerde knieë
met gevlekte hande
ruk uit die skerwe
verstrengel in my flarde
woordelose pleidooie bloei
roos kraal-ogies swart
met die leegheid bemoei...

Dan vind ek kamma-rus in geveinsde sielstilte
prop in my gapende borskasholte 'n stuk rots
stop die gate, werk toe die nate
Staan op, kyk op
en dra hierdie letsels met trots.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lappop letsels
Pragtig gepen. Stem saam met Evelyn en Anze.
4 jaar 4 weke 22 ure oud


lappop
Voortreflike vergelykings hier getref en mal oor jou binnerym. Knap gedaan.
4 jaar 4 weke 23 ure oud


Lappop
wow.. hierdie diepseer woorde verdien n staande applous!!!
4 jaar 4 weke 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar