Gedigte

Titel: Leef en laat leef

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kan nie verander wie ek is -
By God se besluit het ek berus,
Want Hy het my uniek gemaak,
Daarom maak niks anders saak.

Indien ek nie is wat ander wil hê,
Wil ek graag aan hulle sê:
Daar is niks wat julle kan doen,
Nes ek myself met jul versoen.

Kom laat ons mekaar aanvaar,
Die nyd vergeet en vrede verklaar.
‘n Plekkie in die son is almal se reg -
Waarom altoos daarteen veg?

Leer ken mekaar en wees attent,
Op elkeen se swakheid en talent.
Soek jou medemens se goeie kant -
Sien die donker wolk se silwer rant.



Kommentaar

Leef en laat leef
Boerenooi

Op die kop het jy die spyker geslaan met hierdie pragtige gedig, dit sou wonderlik wees as meer mense jou raad wou volg.

Dit is regtig baie mooi en het my laat besef dat daar wel mense is wat soos ek dink.

Groete

Marsofine
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 23 ure 5 minute oud


Met eerbied saamgeneem ...
Ek kan nie verander wie ek is - by God se besluit het ek berus ...

Met eerbied het ek ook hier aangedoen om te kom oes vir ons boekie sodat jou mooie lyne kan pronk.

Kniebuig dank
007
4 jaar 4 dae 14 ure 31 minute oud


Leef en laat leef
Dankie dat jy ook my gedig gelees het. Dit is net so eienaardig dat die mensdom so maklik kan kwets, seermaak, en kritiseer, en so moeilik kan aanvaar, en in vrede kan saamleef. Hoe is dit dan dat daar so 'n fyn lyn tussen liefde en haat is. Dat een mens so maklik kan vernietig sonder om 'n wag voor die mond te hou, en net te wil seermaak ter wille van status en geld. My sielsgenoot is vir ewig vasgevang in 'n huwelik van yskas-liefde en word net gebruik vir geldelike gewin. Sy pyn word diep in sy oë vasagevang, dat geen mens dit kan miskyk nie.
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 2 ure 15 minute oud


Kommentaar
Hallo Boerenooi. Ek dink hierdie is die eerste keer wat ek hier by jou inloer. Ek stem saam met ND se kommentaar hier onder. Baie mooi en bemoedigende gedig. Groete.
5 jaar 2 maande 1 week 5 dae 4 ure 23 minute oud


Leef en laat leef
Boerenooi

Die spyker op die kop geslaan met ongelooflike woord speeling, dit is 'n pragtige stuk werk en waarder sal jy nie in ons leeftyd kry nie.

Groete

Marsofine
5 jaar 3 maande 2 dae 6 minute oud


Wat 'n pragtige sprekende stukkie werk!!!
5 jaar 4 maande 5 dae 21 ure 27 minute oud


Leef en laat leef
Boerenooi hierdie gedig is die een
wat alles so perfek beskryf. As ons
almal so kan leef, sal hierdie aarde
'n perfekte, volmaakte en vrede en liefde
volle plek vir ons almal wees.Ons kan
regtig daarna streef om so te leef.
Dankie dat jy dit so perfek saamgevat het.
5 jaar 4 maande 6 dae 17 ure 47 minute oud


WOW Boerenooientjie dis PUIK!
Die uwe beaam elke woord wat jy in hierdie lyne het. Jy het dit pragtig saamgestel Kerneelsie. En ek dink die ou wat nie amen op dit se nie is woes vol strooi!! Doet voort en stuur lyntjie ASSEBLIEF as jy weer ietsie oppie menu vir ons het hoor!!
5 jaar 4 maande 1 week 9 ure 5 minute oud


Leef en laat leef
En ek seg amen ! ! !
5 jaar 4 maande 1 week 1 dag 5 ure 51 minute oud


silwer rant
hi daar Boerenooi

hierdie is mos nou die tipe gedigte wat ek wil lees...ek verslind elke woord van jou. Wat 'n pragtige, bemoedigende gedig. Ek het dit werklik geniet. dankie dat jy dit deel.

nd
5 jaar 4 maande 1 week 1 dag 6 ure 17 minute oud


Jammer vir die spelfout! Laaste woord moet 'rant' wees en nie 'rand'.
5 jaar 4 maande 1 week 1 dag 6 ure 40 minute oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar