Gedigte

Titel: Leeg

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy draai my om en om
soos 'n horlosieveer
In jou hande
is ek willoos
Jy ken die seer
van my alleen bestaan,
maar verstaan jy die pyn
en die smart?

Net 'n leë portret
in my arms gevou;
dis al wat ek
van jou het
Die glas is gebreek;
die stukkies
verstrooi
in die wind

Ek soek na jou
Ek roep jou naam
Die eggo's
maak my mal!
Langs watter pad
het ek jou verloor?
Wanneer gaan ek
verstaan?

Wie ken die antwoorde
op al my donker vrae?
Wie kan my sê
wat ek so graag wil weet?
Kan jy die seer verstaan
wat deel is van my mensbestaan?
En hoekom word die son
een donker kol?




LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar