Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou gelaatstrekke is
legkaartpaaie van gister
kraaispore wat slingerpad
velpatrone trap

Die lewenslegkaart se uurglas
het jou in tyd vasgevang
blokkies-menswees
gemeet en gepas
psigies en fisies voltooi
jy, prentjiemooi

word die legkaart opgebreek
onder sooie versteek
is gister se legkaart
net nog ‘n hopie
met verwelkte blomme op
môre, vergeet



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Legkaart
Baie mooi geskryf.
5 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud


LEGKAART SPORE
Netjies, filosofies en volledig. Pragtige werkie!
5 jaar 6 maande 12 ure oud


Z
Goed geskryf.
5 jaar 6 maande 2 dae 8 ure oud


Legkaart
Uitstekend!! Van die "brokkies" van 'n mens wat die holistiese persoon vorm ... tot deur die hele lewe. PUIK!!!
5 jaar 6 maande 2 dae 18 ure oud


spore
Die spore van die lewe goed beskryf..
5 jaar 6 maande 2 dae 21 ure oud


spore
Die lewenslegkaart se uurglas
het jou in tyd vasgevang
blokkies-menswees
gemeet en gepas
psigies en fisies voltooi

Hierdie is voortreflik beskryf.
5 jaar 6 maande 3 dae oud


legkaart spore
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LEGKAART projek.
5 jaar 6 maande 3 dae 1 uur oud


Legkaart
Pragtige beskrywing van die mens se lewenspad.
5 jaar 6 maande 3 dae 1 uur oud


legkaart
Baie goed uitgewerk en mooi aanmekaar gesit :-)
5 jaar 6 maande 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar