Gedigte

Titel: Lekhart

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geluidlose woorde spoel
oor versande lippe
en kolk in verbleikte oogpoele -
wolkloos in hierdie koue hoogsomer.
Trae deinings waai oor die heuwels
van 'n tam bors
terwyl die kuiltjie elke versnellende slag afklop.
Hoe sal iemand dan weet?
Net 'n bemoeisieke stetoskoop
kan die dowwe gesuis
deur die septum kan afluister.
Hoe kan die ontoeganklike gat toe kom
as die chirurg toegewy is aan 'n ander hart?



Kommentaar

Pragtig
"Geludilose woorde spoel oor versande lippe en kolk in verlbeikte oogpoele..." en en en... Baie mooi beeld gebruik!
2 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 23 ure 27 minute oud


Stem saam met Rudi, die slot ruk 'n gat innie hart...
2 jaar 3 maande 5 dae 19 ure 10 minute oud


die prentjie baie goed geskets...
killer slot.
2 jaar 3 maande 6 dae 22 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar