Gedigte

Titel: Lekkergoed
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lekkergoed en skyfies
sterre skitterend op die tong
Koek en tert en kollewyntjies
maak dieselfde jong!

Vars blaas ‘n pepperment
en vurig ‘n brandlekkertjie
hul weg oop na my agterent
Jolytvol dié aptytwekkertjie!

Vir sjokolade kulinêre satyn
smelt ek weg
Verdoof in toffie al my pyn
Beskuitjie pronk ook hier tereg

Deeg so rou so sag so uitlokkend
Kersies, dadels, room en koekies aanloklik
Graaf ek met lepel diep en skokkend
Groete uit die kondensmelkblik!

Maar jy wat so lekker suig
klein en kleurig en klouend
Pleister saam aan hierdie tuig
Ek’s onskuldig, sê ek kouend

Om die vragte soetgoed te trotseer
en gebalanseerd te jol
Voeg by skyfies, biltong en dies meer
Nou braai ek in cholesterol

Die arts het my toe meegedeel
en ek is nou al goed daarin gesout…
Van verkeerd eet en te veel
Lekker appels, neute en hawermout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lekkergoed
wat n lekker ligte gedig!! .. gebruik Borrie vir cholestrol werk soos n bom!! My oorlede ouma het altyd gese.. my kind wat is lekkerder om te eet... wel om weer te eet!
5 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


lekkergoed
Ai hoe water my mond nou. Nee kyk hierdie maak sondes, haha. Lekkkerrr gelees dankie.
5 jaar 4 maande 3 weke 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar