Gedigte

Titel: Lekkergoedland

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bou vir julle ‘n lekkergoedland
om heeldag in te speel.
Vrolike giggles en taai seuntjie vinngers,
mag Mamma maar in julle pret kom deel?

Malvalekker springkasteel
Wit en pienk en sponserig
Staan op gras van peppermint
Die spookasem wolke lyk donserig
‘n sandput van gemmerkoekie krummels
Die klippe van tamaletjie
Liquorice paaie kronkel op teen die rand
Stokkielekker blomme in rye geplant
Riviere vloei vol sjokelade
Roomyshoringkies so groot soos bome
Die reen is die lekkerste lemonade
Bruinsuiker stene om huisies van te bou
Damme wat borrel vol louwarm fudge
Beddens van sponskoek met versiersuiker bersies

Net een vereiste om hier te kan speel,
tandeborsel elke dag,
anders word jul tande geel,
Ek is jul Mamma, wat het julle verwag?

(Vir mamma se pragtige Pikkewouters)



Kommentaar

-
Heerlike smulliefde vir die pikkewoutwers! Smullekker geskryf!
1 jaar 3 maande 1 week 1 dag 20 ure 55 minute oud


Lekkergoedland
Wens ek was ook jou Pikkewouter! Hierdie een lekker geniet.
1 jaar 4 maande 1 week 3 dae 7 ure 33 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar