Deur die lens
van woorde gaan
daar ñ hele wêreld oop
voor ñ mens
die digter die kamera
ñ frons , ñ glimlag , ñ traan .
Die beeld van fieterjasies gestroop
die agtergrondmusiek opera ,
rap , rock , country of pop .
(Ge)Voel in die gut
gedagtes in die kop
– ñ ewige daaglikse tourek ...
Ja , dinge is geneig
om meer aan digters te vat
byna alles word eksponensieël vergroot .
Lewe se realiteit is soms ñ drek
wat daad sit by dreig
– alles is nie net beertjies en feëtjies nie .
Dit wat die kamera sien maak soms dood .
Deur die lens
van woorde
lyk dinge soms na skisofrenie ,
dit terwyl die martelaar
collage op collage skep .
Jip die lewe is maar deurmekaar
alles is nie altyd soos dit lyk nie .
Nie eers vir ñ kamera nie .
( 07/12/2015 21h28 )