Gedigte

Titel: lente is enige tyd van die hart

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

... maar vandag lag ek
en voorbodes kan vergeet
ek gaan my nie laat hierjy nie
want ek weet mos wat ek weet

die donker is tog net
in 'n knieserige derm
wat soos 'n augustuswind
al in die ingewande kerm.

ek luister nie meer nie
want ek sien blomme
wat baldadig seisoen
tussen teervars groen spruite
en my uitnooi om te deel
in die tango daarbuite


(volg op "omen")



Kommentaar

laaste vers...
gooi jou vrolike blomtuin vir die wereld oop! Met my oe toe, kan ek die blomme ruik... lieflik vol lewe!
1 jaar 9 maande 5 dae 5 ure 44 minute oud


Sjoe, hoor hoe polsdans my hart met hoop!! Treffend!!
2 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 20 ure 58 minute oud


Heerlik om te lees, pragtige kleurryke woorde.
2 jaar 6 maande 6 dae 8 ure 57 minute oud


"...blomme wat baldadig seisoen..." En om tussen dié blomme te tango van opwinding oor nuwe seisoen klink net so lekker.
2 jaar 6 maande 6 dae 19 ure 22 minute oud


Jou titel alleen is reeds 'n kunswerk sigself.
2 jaar 6 maande 6 dae 20 ure 16 minute oud


Buite die kokon van bangwees-vrees kán 'n mens mos... mens wees! Mooi, Evatjie!
2 jaar 6 maande 1 week 4 ure 31 minute oud


'n Besonderse heerlik-lees en mooi-beeld opvolg!
2 jaar 6 maande 1 week 6 ure 11 minute oud


PRAGTIG.EN BEAUTIFUL VERWOORD.MOOI POSITIEF EN INSPIREREND
2 jaar 6 maande 1 week 6 ure 17 minute oud


"donker is net 'n knieserige derm wat .... in die ingewande kerm.." Verskriklike oorspronklike uitdrukking ! So ook "die tango daarbuite". Wat 'n genot was dit om hierdie vers te lees!
2 jaar 6 maande 1 week 6 ure 54 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar