Gedigte

Titel: Letsels.
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Duisend duiwels in beroering
hier binne-in my skedelvoering
wat almal net wil handuit ruk
toe ek vanmôre wakkerskrik.

Opstand klop en klop verwoes
deur die slaap se oggendroes
en ek wil uit wanhoop skree
dat die wêreld antwoord gee.

Ek wil skree oor al die onreg,
die letsels op ons lewensweg
waarmee ek nooit versoen nie
maar niks daaraan kan doen nie.

Wanneer swaeltjies vlieg alom
laat dit die onrus weer opkom,
die verlang na jou en goeie tye,
bitterheid van twaalf jaar swye.

Derde World Cup wat jy weg is,
niks meer voel of dit nog reg is,
ek sal maar kyk en dubbel drink
op die Bokke wyl ek aan jou dink.

My kind, ek is nou oud en broos
en drink die tepel van die troos,
as dit sal wees soos ons nou glo
sien ek jou mettertyd daarbo.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Letsels
Koos, die laaste strofe is aangrypend!My debuutdigbundel kos R107. Ek kan vir jou een stuur as ek jou adres het.Groete van ook 'n brose buurman.
4 jaar 2 maande 3 dae 19 ure oud


letsels
Diepe letsels waarvan die rowe weer losgeraak het. Dis nie aldag maklik om die pad te aanvaar en te stap wat Hy vir ons uitgelê het nie, maar eendag sal ons volkome verstaan. Uitsonderlike rymgebruik.
4 jaar 2 maande 4 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar