Gedigte

Titel: Leuenaar
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met woeste gebare en wuiwende hand
Verduidelik jy jou storie, land en sand
Vertel jy van alles en nog wat
Luid en teatraal dat die spoeg so spat

Niemand kry `n spreekbeurt as jy begin
Aanhou en aanhou, dan weer bietjie versin
Groter en langer en hoër jou beelde
Luukser jou ingekleurde weelde

Jou gesig die toonbeeld van leuens wat jy bemin
Blinkend jou oë as jy die waarheid uitdun
Bietjie meer om jou storie op te blaas
Jou woorde skril, raas, raas raas…

Bly eerder stil en gee ander `n kans
Hulle wat nie die waarheid verskans
Luister dan mooi wat hulle met jou deel
Hulle woorde is uniek en sal jou nie verveel



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Eks hou van die lekker lees ritme, goed geskryf!
10 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud


Leuenaar
Ek dink ons almal ken so iemand
Koekoe
10 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar