Titel: leweloos
Weergawe: 1
Aantal woorde: 130
Kere gelees: 514
Datum gepubliseer: 21 Oct 2008
Ek stap by die gang af, sien gesigte verby my beweeg
Die gesigte lyk bekend, gesigte van toe ek nog iewerste was,
Ek was nog saam die gesigte
Ek stap verder en sien visies en beelde van as wat ek gesien het.
Onthou nog my eerste tree soos gister, daai eerste suig aan die bottel.
Waar is ek?!
Ek stap onseker aan, ek sien my vrou , my kind met die asma probleem,
My eerste kar, eerste soen, my eerste…
Waar is ek?!
Werelde draai , ek sien myself eenkant sit. Ek is oud.
Was ek ooit so oud?
Maar ek onthou nie?
Hoekom.
Ek sien ek word gevoer soos `n kind. Bord om my nek. Het ‘n onverklaarbare siekte.
Ek begin treur.
Ek val neer. Maak my oe toe en huil…
Lees ander gedigte deur Aapman
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

D