Gedigte

Titel: lewenslyn
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek hou vas met al wat ek het
aan elke stukkie strooihalm
n saak van stil gebed
die lewe n mistig rookwalm

storms op lewe se see
sleep my hulpeloos mee
uitgespoeg op growwe sand
gly die strooihalm uit my hand
staan ek op val ek weer
skaafplekke in my siel rouseer

is dit goed te stry so alleen
niemand om te sê waarheen
het God nie iemand gegee
my te lei op voetvas weë

sper oop my oë vol met sand
sien ek uitgestrekte reddend hand
gryp daarna...!
hou net vas!
ek sal jou deur alles dra!
jy is nie n las!

tel my op
trek my uit!
moet alles hier stop!
'n boek word afgesluit
U, my lewenslyn
vat my na die Eden-tuin



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mistige Rookwalm
Baie mooi verwoord. Niemand is alleen nie, al is jou toekoms hoe dof en onseker. Hy is altyd teenwoordig.
Pragtig!
3 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


lewenslyn
Mooi positiewe slot.
3 jaar 5 maande 4 weke 6 ure oud


Lewenslyn
Ek dink dit sou meer treffend gewees het met
Volledige sinne - alle lid woorde ingesluit
En effe korter.

Goeie Genre en nuut en goeie poësie
3 jaar 5 maande 4 weke 14 ure oud


Ano
Lewenslyn
Jy is so reg. Dit is beslis nie goed om alleen te stry nie en hoop jou noodkreet word deur die regte ore gehoor.
3 jaar 5 maande 4 weke 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar