Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Die wind mallemeule
lewende organismes
in tollende spirale
van poeierdood

blaas sy winterasem
lig bytend,
beloftes van
ysige brood

Verf die winterluggie
kristalblou velkleure
vermeng in neusbrand
ys-geure

Lewensasem verniet gegewe
Eens lentehande, somerhande
verherfs tot winterhande
oud, beaard, bewe

Maak toe die deur
hou buite die wind
dit is koud
ek verkluim my kind

Steier die hittedief
tevergeefs teen
betraande wasemruit
buite gebaan, uitgesluit



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Toe Snoeks nog Snoekie was

    deur Manie Jackson

    “Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar