Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As die Lewes’ Doel in my hart kom draai
en Verantwoord’likheid skoppelmaai,
staan my hart verborge in die woud
waar eende vlap en verkleurmannetjies stap;

Dis die lied wat deur my are bloei
en net soms my hart verskroei,
die tooisels van my siel al meer ontdooi
en elke nag saam in die maanlig groei.

As Werklikheid in my beendere kom swaai
en Regverdigheid steeds skoppelmaai,
vind my hart ‘n mooiweers lied
van verskillendes wat saamloop in die wind;

Dis die sang wat deur my wese woed
die aurora borealis wat my horison begroet
en in die kleure van die mens se wedloop
die drome in my hart vooruit laat loop.

As Gods Waardes weer gaan aant’ tok-tok-tok
en die snare van my pienk viool stryk,
dan dans my voete ‘n lied wat die aarde begroet
en drange in die wildernis van my siel ontmoet;

Dis die wedloop wat deur my hardloop
die mylpaal wat op die horison vlap,
my gedagtes vul en vlei met betekenis
‘n oorwinning oor dinge wat ander staak;

As sulks staan ek verstom,
die skoonheid in ‘n nuwe droom aant’ blom
en kweek ek oranje-blou vlerke van Afrikaner dou
wat dapper die dag in vladder sonder gisters’ berou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lied van die lewe
Baie goed gestel, soos seisoene en met baie waarhede!!
7 jaar 10 maande 1 week 12 ure oud


ambe
Sjoe hierdie gedig het soveel embrioes ek kan gedigte daaroor skryf . Jy het n goei verbeelding , dis wat digters kort ,
Groete ,
BERG
7 jaar 10 maande 1 week 16 ure oud


Lied van die lewe
Ek vind aanklank by die gedig, maar ek dink die lengte daarvan laat my soms verdwaal. Ek merk 'n paar spelfoute soos bv vlap [flap?], toeisels [tooisels?] en dus [dis?] wat hinder by die lees daarvan, maar ek sien baie potensiaal. Neem maar my opmerking met 'n knippie sout want ek is nie 'n kundige nie.

My gunsteling strofe is:

"Dus [dis?] die sang wat deur my wese woed

die aurora borealis wat my horison begroet

en in die kleure van die mens se wedloop

die drome in my hart vooruit laat loop."

Hierdie strofe is besonderlik, dankie daarvoor.
7 jaar 10 maande 1 week 16 ure oud


Maatjie
Hierrie stoute oupa skryf vier maande langer as jy op Woes. Ek weet niks van die digkuns af nie
Maar oordeel 'n werk op wat ek sien of wat die werk vir my sê
Ek vind nogal sin in hierdie skilderstuk van jou alhoewel dit bietjie diep vir my is.
Maar dit praat met my en ek hoor .
Tegnies mag ek nie aanraak nie
Maar ek sal die ander ook in die volgende dae en weke aanhoor.
Willie
7 jaar 10 maande 1 week 17 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar