Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



stille lied van die see
met heimwee in haar stem
my saggies met sproeiwink
nadergeroep aan haar
meganies in tranewaas
het ek sonder versuim
kruipend nader gehaas

wou aandagtig sit en luister
na haar onheilspellend’ woord
gaan sy neurie oor die toekoms
of hartseerwals sonder akkoord
saggies in suiwer supraanstem
in my wagtend’ oordrom fluister?

seewier om my enkels
groenslym gestrengel
gehurkend, afwagtend
op stem van ‘n engel
slegs ritmies die huil
van moederdolfyn
proe ek trane in sout
soos my hart vir haar pyn

moeder oseaan
weerhou aspris haar lied
weet sy dalk meer
verberg in skeepswrak
en bruinspoeg op strand
of wil sy met stilswye
dalk moederlik keer
die seerkry en my verbied
om reeds wankelbrug
na my hart te verbrand




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lied van die see
Pragtig beskryf en vul mens met 'n hunkering.
5 jaar 8 maande 6 dae 15 ure oud


lied van die see
sjoe dit is pragtig!!!!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


Lied van die see
Prag gedig :)
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


see
met hierdie pragtige gedig raak ek skoon romanties Elvina
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


Ano
Lied
Oh, ek is absoluut gek hierna!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


2
Pragtig!!!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Die deining . . .
vasgevang in woord . . .
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Lied
Ongelooflik!!! sjoe dis wonderlik mooi.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Lied
Dit laat my hunker, verlang na iets.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar