Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek bring vandag hulde aan jou mamma
aan die kere soveel jare gelede
het mamma gewaak
gepantser met gebede
daardie donker bruin oë
vol angs langs my bed gewaak

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
vir elke roos uit jou hand ontvang
die saamwees elke dag
lang ente se stap langs die rivier
wyse raad elke drukkie elke traan

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
hier langs jou graf
weet ek sal jou nooit kan vergeet
van liefde so groot soos jou hart
uit jou moedershand

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gebede
My ouers se gebede plavei my lewenspad daagliks - al vir meer as 60 jaar. Dank die Here vir hulle!
6 jaar 10 maande 4 weke 6 ure oud


Liefde vir Mamma
Verstommend mooi geskryf en pragtige hulde aan 'n besonderse Moeder
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag oud


Ek sien...
haar glimlaggend 'n soentjie wuif vanuit die hemel. Vir jou. :)
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


*
Mooi en innig, Ans!
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


liedjie vir mamma
'n mamma se gebede is die heel beste gebede. dis pragtig Ans.
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Liedjie
Dan ween ons harte maar saam vandag en more Ans. Pragige ode.
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar