Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek bring vandag hulde aan jou mamma
aan die kere soveel jare gelede
het mamma gewaak
gepantser met gebede
daardie donker bruin oë
vol angs langs my bed gewaak

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
vir elke roos uit jou hand ontvang
die saamwees elke dag
lang ente se stap langs die rivier
wyse raad elke drukkie elke traan

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
hier langs jou graf
weet ek sal jou nooit kan vergeet
van liefde so groot soos jou hart
uit jou moedershand

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

mamma
Ek sit ook met n knop in die keel. Ek weet vandag al is my ouers nie meer daar nie het hulle die spoor van my lewe gelë
4 jaar 11 maande 1 week 19 ure oud


Mamma
Hoe wonderlik as mens hierdie dankies kan sê . . . ek glo sy het gehoor.
4 jaar 11 maande 1 week 20 ure oud


Liedjie vir jou mamma
Net 'n ma ken die kern van haar kind se verlange
4 jaar 11 maande 1 week 22 ure oud


Mamma
Pragtig,Ans. Mens kan sien dit kom diep, diep uit jou hart uit. PUIK!!
4 jaar 11 maande 1 week 1 dag oud


Mamma
Laat jy my nou met een hengse knop in my keel... sielswoorde so pragtig gepen Ans. Dankie vir hierdie kosbare deel...
4 jaar 11 maande 1 week 1 dag 6 ure oud


mamma
Pragtige ode aan 'n Moeder.
4 jaar 11 maande 1 week 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar