Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liefde is soos 'n vuur wat brand
smeulend, onblusbaar
benewel jou hart, jou verstand
en laat jou deurmekaar.

Liefde word nie gestuit
dit kan jou verteer
gee nie 'n duit
wat jy moet ontbeer.

Liefde kan jou lewe beheer
in sy gange kan jy verdwaal
maar begeer
om nie te faal.

Liede sal jou nooit verlaat
sal altyd in jou hart sluimer
verdring haat
maak jou hart ruimer.

Liefde kan jou op paaie lei
totaal onbekend
jou vorm soos klei
maar soms ook skend.

Liefde kan jou verslind
of verhef tot 'n nuwe mens.
Jy kan liefde nie bind
al is dit jou grootste wens!

Verdoes



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefde (Eros)
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
4 jaar 1 week 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar