Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir nege lang jare ken jou ek al
maar nooit gedink aan trou, dat ons kan of ooit sal.
Ek onthou al jou hartseer, die trane so seer
Toe Jacob moes gaan en jy nie kon keer ...
My hande was vas en my hart vreeslik swaar,
wie sou vir jou en Rudolp beskerm teen gevaar?
Ons paaie het geskei en binne my was ‘n groot stryd
want hoe sou ek jou kon vertel van my liefde sonder enige selfverwyt?
Dank God ek het uiteindelik antwoorde gevind
en vandag word ons hier in die eg verbind ...
Jy is sterk en standvastig, ‘n vrou en ma
en ek is seker Jacob sou sy seën gee as ons sou vra ...
Jy en ons seuntjie is die bestaan van my lewe
en om jul gelukkig te maak is waarna ek altyd sal strewe ...
Ons deel saam die lewe van Geloof, Hoop en Liefde
en ek beloof trou aan jou en ons seun, my Bruid, my Geliefde ...


Opgedra aan Armand Krauze, Roesaan en Roedolf (2012)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar