Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy praat oor eendag
En ek sien jou glimlag
Ek wonder waarheen is ons oppad

Sal ons ooit weet
Of gaan ons mekaar net vergeet
Tussen drome en druiwe in die Kaap

Jy se dis wat jy wil he
Onder die sterre le
Vrede vir n siel, deur die lewe verniel
Kan jy die storms weerstaan?

Met vrae en verlange soek ek na jou
Drome oor jou in my toegevou
Maanlig en rooiwyn, tone in die sand
Hand aan hand in Melkbosstrand

Se tog ja, as ek vir jou hart vra
Op my kniee voor jou
Vra om met my te trou
Kaalvoet op die strand..

Ek wil jou he
Ek wil vir jou se
Dat ek jou altyd bo alles sal lief he

Ek wens daar was meer
En dat ek kon keer
Dat die wind jou nou wegwaai van my
Ja dat die wind jou nou wegwaai van my

Ek sit in Houtbaai en wag
Wag vir jou om jou tasse te pak
Te kom se die tyd is reg
En dat jy ook vir ons wil veg

Alleen tussen wingerde in Stellenbosch
Is jy steeds te trots
Om te erken
Jy is lief vir my

So hou nog vas aan my
Sodat jy n rukkie langer by my kan bly
Voor die wind jou van my wegwaai
En jy na groener weivelde draai

Ja voor die wind jou wegwaai
Voor die Kaap se wind my hart verraai



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

LIefde
Wat moet wees, sal wees,Daar is nie altyd beheer nie. Mooi geskryf!
4 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Liefde in die Kaap
Liefde is soos 'n blom wat op sy regte tyd sal blom
4 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud


liefde in die Kaap
Die liefde is sag en teer en moet vanself kom. Jy het mooi geskryf.
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar