Gedigte

Titel: Liefde se onbegrip…

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die eerste keer het ek maar skrams gehoor
van jou. Uit druppels van jou siel se pen.
Toe’t warrelwinde, draaiend links, dan regs,
my wese deurmekaar kom vleg…

(Ek was natuurlik oudwees-kind
en het in spasies nog gedink:
wat blink is swaarlik
nog die goud
wat skitter in sy ysig koud…)

Maar tog het ek jou woorde mooi gevind
en die speling met verwoording
het ’n spel geword waarin ek
hulp’loos vasgeketting is
van toe tot nou.

Tóg maar moes ek, buite-om gehoor,
eers sién wie jý, my Drome is
en toe begin die dink:
Ís jy of is jy nie? Is èk of is ék nie?
’n Gekke deurmekaar in my
wat met my twyfel saam bly stry

want ek dag ek’s vry verklaar
van hierdie denke (Vrug van jou!)
maar toe begin my hartsverlang :
In die nagte word ek bang
dat iemand dalk mag sien, mag wéét
ou woorde bou tot nuwe siele-leed!

(Tóg: Bó my bang en deurmekaar
het ek in vreug’ gevind: Ek is verlief…)

Toe stort die vrae somer-reën!
Ek krimp ineen…. Só diep alleen
in wonder of dié hartseer diep verlange is
of dalk net smadelik’ verdriet…

Deur donkernagte van verdrink
in dink en peins en nogmaals dink
het ek geweet: Eks nié verlief,
of selfs geheg aan jou
(want dít sal immers
nimmer-nooit kan hou!):
Ek ís verlief-geheg aan jou -verlang verby-
want ek léwe uit… ek’s liéf vir jou!



Kommentaar

Pragtig!
Die slotstrofe is natuurlik my gunsteling!!! :-)
7 maande 2 weke 1 uur 19 minute oud


Liefde se onbegrip
Sjoe, Koekekranka...dat die liefde mens soms so deurmekaar het, droom-verwonder, diep-peinsend, verlief-geheg, verlang-verby, lewe jy, uiteindelik, met die sekerheid dat dit net liefde is!
Jy het dit uitmuntend beskryf!
7 maande 2 weke 6 ure 18 minute oud


rex
Liefde ...
Ai, dis pragtig gedoen!
7 maande 2 weke 10 ure 25 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar