Titel: Liefde se onbegrip…
Weergawe: 1
Aantal woorde: 249
Kere gelees: 47
Datum gepubliseer: 12 Oct 2011
Die eerste keer het ek maar skrams gehoor
van jou. Uit druppels van jou siel se pen.
Toe’t warrelwinde, draaiend links, dan regs,
my wese deurmekaar kom vleg…
(Ek was natuurlik oudwees-kind
en het in spasies nog gedink:
wat blink is swaarlik
nog die goud
wat skitter in sy ysig koud…)
Maar tog het ek jou woorde mooi gevind
en die speling met verwoording
het ’n spel geword waarin ek
hulp’loos vasgeketting is
van toe tot nou.
Tóg maar moes ek, buite-om gehoor,
eers sién wie jý, my Drome is
en toe begin die dink:
Ís jy of is jy nie? Is èk of is ék nie?
’n Gekke deurmekaar in my
wat met my twyfel saam bly stry
want ek dag ek’s vry verklaar
van hierdie denke (Vrug van jou!)
maar toe begin my hartsverlang :
In die nagte word ek bang
dat iemand dalk mag sien, mag wéét
ou woorde bou tot nuwe siele-leed!
(Tóg: Bó my bang en deurmekaar
het ek in vreug’ gevind: Ek is verlief…)
Toe stort die vrae somer-reën!
Ek krimp ineen…. Só diep alleen
in wonder of dié hartseer diep verlange is
of dalk net smadelik’ verdriet…
Deur donkernagte van verdrink
in dink en peins en nogmaals dink
het ek geweet: Eks nié verlief,
of selfs geheg aan jou
(want dít sal immers
nimmer-nooit kan hou!):
Ek ís verlief-geheg aan jou -verlang verby-
want ek léwe uit… ek’s liéf vir jou!
Lees ander gedigte deur Koekekranka
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Robelle
Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm