Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vêr-vêr in ’n roesbruin woestyn,
met sig-sag kinkel kartels,
op wind-erosie se kruin,
dryfsand- wegsink -
twee rye diep-trap spore.

’n Halfmens verberg in skaamte,
met enkel-lyf ledemaat gestrem,
loer met sy groen nek gekrom,
skalks, skaam deur geel blom,
na liefde se oop-graf geraamte.

Eenkant op ’n sonbrand klip,
staar woestyn salamander stip,
terwyl hy wissel-aksie pote ruil,
trippel-dans fyn-sand trap -
as hy oor verlore liefde huil.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefde se sig-sag
Duidelik ken jy die woestyn...
Mooi werkie en aangenaam vir die siel.
4 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


Liefde se sig-sag
Pragtig: die beelde; die vergelyking; die klanke.
4 jaar 8 maande 14 ure oud


die weervoorspelling
nice een.
fyn waargeneem en uitgebeeld
4 jaar 8 maande 20 ure oud


salamander
Jou woorde trek die leser tot binne in die dorheid. Pragtige beelde en puik werk!
4 jaar 8 maande 23 ure oud


pragtig
niks sigsag soos liefde
4 jaar 8 maande 1 dag 1 uur oud


Liefde se sig-sag
Pragtige werk Baie mooi gebruik van die woestyn beeld.
4 jaar 8 maande 1 dag 5 ure oud


Woesryn
'n Mens voel die gees van die woestyn duidelik in hierdie gedig. Jy beelde uit die woestyn goed ingespan.
4 jaar 8 maande 2 dae oud


Woestyn
Die vergelyking wat jy hier tref is onverbeterlik beskryf. Regtig so raak geskryf. Ek is mal oor die klanke van die gedig
4 jaar 8 maande 2 dae 21 ure oud


liefde
Besondere gedig Evelyn. die lewe en die liefde voel soms soos n woestyn en moet mens ook so onddans om nie te brand nie
4 jaar 8 maande 3 dae 7 ure oud


Liefde . . .
dis mý woestyn wat jy hier van praat!

Dis régtig 'n besondere beeld vir die liefde die . . .
4 jaar 8 maande 3 dae 12 ure oud


Sig sag
Elvina op haar beste.
4 jaar 8 maande 3 dae 12 ure oud


Sig-sag liefde
Pragtige beelde, so eie aan die woestyn. Welgedaan!
4 jaar 8 maande 3 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar