Gedigte

Titel: Liefde, sensualisme, erotiek en ...

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


 

(Dit lyk vir my die enigste manier om bietjie aandag te trek en lesers te prikkel [om 'n gedig te lees], is om so bietjie oorboord te gaan. Goeie smaak het my egter genoop om “ … en wellus” uit die titel te skrap.)

A.
Ek voel jou sagte, slanke arms om my nek,
ek voel jou arm, warm lippe wat my ore, lippe lek,
ek voel onkeerbaar oerdrang na my lende kom,
maar dis verdomp privaat … dus: wederom!

OF: B.
'n Wolkbreuk van jou liefde het oor my gespoel
en skaam versugtings met 'n stuwend sinsgenot gewas,
En nou’s die stormwater weg, daar’s net 'n stil-stil poel …
en, o hel, daarin sit die opdrifsels van my gewete vas!

DAN C.
En nou dwaal
jy ek ons
sjloep-sjloep
in 'n modderpaadjie
na die
donker stoep
van 'n vergete
verslete
gewete-
murasie wat eens
'n wonderlike
woning was
oorspoel met son
en gevul
met die geur
van gemmerbier
en gekleed
met die kleur
van vergeet-my-nietjies

(Na smaak en goeddunke kan die leser nou byvoeg:)

maar dis verby
vir
altyd
verby.

OF:

kom jong
kom ons
woeker op
uit die modder
en die as
van die seer
en ons probeer
'n fondasie grou
om 'n nuwe
huisie te bou

(Soms foeter my sleutelbord en wil hy nie komma’s, punte, uitroeptekens, aandagstrepe en vraagtekens tik nie. Maar dit behoort nie afbreek te doen aan die WOW! van 'n stunning gedig nie.)

(Hou jy daarvan? Vat dit gerus. Dit beteken vir my niks. Om die waaheid te sê, ek dink ek behoort my te skaam. Dis die soort van goedjies wat jy in vyf minute kan optoor en waarmee jy nie waardige lesers en besige mense se tyd wil mors nie. Wag vir my vertaling van Shakespeare se “Rape of Lucretia” maar dit gaan 'n bietjie tyd neem. Dit bevat meer as driehonderd verse, almal in meesterlike rigiede ware-kuns sewe-reël verse [Syne, nie myne nie.] Ek het nou eers ses verse klaar. Want om die ding deeglik te doen het ek eers Jan Jonk se (meesterlike) Nederlandse vertaling, Chaucer se weergawe in Ou Engels en Publius Ovidius Naso se oorspronklike werk in Latyn (met moeite) gelees. Boccaccio se Renaissance weergawe slaan ek oor - ek is nie Italiaans magtig nie. Maar dis nog niks: ek het agtergekom dat die sensuele in die gedig 'n totaal ondergeskikte rol speel in vergelyking met die historiese, staatkundige, persoonlike en moreel-etiese momente en denke in die oorspronklike gedigte.)
 



Kommentaar

Tong in die kies
Ek het nou lekker gelag, maar terselfdertyd is dit waar. Dikwels spandeer 'n mens(ek) nie genoeg tyd aan 'n gedig om dit regtig te slyp tot op die been of iets te laat om aan te kou nie.
11 maande 2 weke 6 dae 2 ure 21 minute oud


Weer tegou!
Weer te gou gestuur- nie geredigeer nie. Wou eintlik nie heeltemaal terugrol nie. Wou s♪ ek sal later vollediger s♪ waarvan ek hou en nie hou nie, maar net as jy dit wil h♪. Soos ek ges♪ het, as jy net wil hoor ek s♪ dit is so goed soos wat jy self dink, moet jy my dit vooraf s♪ As jy woil h♪ ek moet eeerlik wees, sal ek bie skroom nie.
Hennie
11 maande 3 weke 2 dae 18 ure 18 minute oud


Liefde e.a
Jong, ek dink nogal nie jy skryf van die blatanste pornografie hierop nie, Ek is tans 'n bietjie baie vas eb sal later persoonlik waarvan ek hou- veral daar in die middekste een rond en waarvan nie. Maar waarvan ek nie hou nie is dat jy skryf wat die MEERDERHEID kenneliik wil lees, of dit goed of sleg is. Nee "be true to thy own self" want as 'n mens jouself verloen, sal jy jouself uiteindelik verloor!
En die beste wyn is nie drie maande gelede s;n nie, laat dus maar alle skryfwerk 'n bietjie langer l♪!
Sterkte!
Hennie
11 maande 3 weke 2 dae 18 ure 21 minute oud


Wow...
Geniet ek jou humoristiese en uiters skerp skryfstyl terdee. Puik weergegee!
11 maande 3 weke 4 dae 3 ure 51 minute oud


Liefde, sensualisme, erotiek en ...
Vesting, ek het hierdie bydrae nou so geniet hoor en glo my, die van ons wat al 'n paar jare in die lewe aangstap het, sal onsself herken in verskillende stadia van ons siening van die liefde, sensualisme, erotiek en ... Dieselfde geld vir ons siening van die letterkunde. Die liefde, ens. voed mos immers die letterkunde, dan nie?

Hierdie stuk is egter dieper as wat dit op die oog af lyk. Die humor daarin is kostelik, die lesse in poësie kan huis toe geneem en bestudeer word. Die kommentaar in die eerste sin tussen hakies is 'n les op sy eie. Dan die klassieke ... Is dit nie maar waar alles begin het en desnoods eindig nie? Maak nie saak met watter roete jy langs beweeg nie, want (soos die Prediker sê:) "Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie."


1 jaar 3 dae 7 ure 20 minute oud


A b en see
Vesting, toe ek die skakel oopmaak het ek nie geweet wat om te verwag nie, dis maar die 2de bydrae van jou wat ek nou lees.
Dit was regtig goed gedoen. Die tong in die kies was fyn en die onderwerp wat soms so maklik... "af" kan raak het jy baie goed oorgedra. Dié dig-les gaan ek, en ek hoop ander jong digters, beslis ter harte neem =)
Wel gedaan!
1 jaar 2 weke 5 dae 3 minute oud


Liefde
Jip, dit is net soos jy daar praat. Het ook die ander kommentare geniet.
1 jaar 3 weke 5 dae 1 uur 8 minute oud


-
LOL!! Jy vergeet Horatius se Ars Poetica en Cicero se Ars Amore. Waarlik stof vir die Nuwe Patriot.
1 jaar 3 weke 6 dae 23 ure 21 minute oud


Hehehe,
hoe lekker lag ek nou: WOW! Tog, meer as net tong-innie-kies- kommentaar dié!
1 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 23 ure 29 minute oud


---
Ai Vesting, jy sê dit darem maar nou presies soos wat dit is sonder om doekies om te draai en daarvoor kniebuig ek vir die humoristiese luim waarmee jy ( so ligweg) oor die vingers tik ( met alle respek gesê ) en in alle erns, doen wat jy die beste doen ... skryf!

!Hierdie! vers van jou (Notas ingesluit) is PHENOMINAL! & ek kniebuig voor die oorspronklikheid daarvan.

APPLOUS.. APPLOUS.. APPLOUS..!
1 jaar 1 maand 3 weke 16 ure 53 minute oud


liefde ens.
ek het lekker gelag vir jou tong in die kies opsies.
1 jaar 1 maand 3 weke 22 ure 26 minute oud


WOW!!!
Flippen skerp!! Great geskryf!

Stephan
1 jaar 1 maand 3 weke 22 ure 51 minute oud


die weervoorspelling
hehehe.
dit het ek nou geniet.
ek dink maar net elke gedig wat mens skryf hoef nie n baken in Afrikaanse Letterkunde te wees nie...
en ek verkies iets eenvoudigs bo die tipe gedigte waar die verduidelikings en vertalings onder aan die gedig langer is as die gedig self....(en waar die gedig geen sin het of vir niemand sin maak nie)
1 jaar 1 maand 3 weke 23 ure 43 minute oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar