Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Verlange diep
huiwerend...
ek ’n mens

liefdeslewens
elikser, kom stil
hartewens

praat in my oor
sonder om
iets te sê

wys met oë taal
dis wat jy
ook wil hê

lippe se geheime
woordloos tot my
spreek

emosies wat ek
nimmer elders
wil wegsteek

laat dit sagkens
oral oor my
wese streel

sensuele kodes
liggies in en
oor my speel

kragtig, sensories
deur jou hande
voortgebring

elke sintuig
emosievol lof
toegesing

liefdesvreug
weerspieël
sonder praat

stilweg jou
etiket in my hart
neergelaat.

©12/02/2011 Joan



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefde sonder woorde,


Ek wou ernstig raak, maar toe kom Wolfie met sy skerpigheid en ek verdwaal toe tussen gisters toe ek kon en vandag. Maar nou's ek dom!
(Oupa se mens moet nooit nooit se nie...)
6 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


.
ek dink ek het vir 'n oomblik ophou asemhaal met die een ...
6 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


Liefde sonder woorde
Pragtige gedig :)
6 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud


Liefde sonder woorde
Dis pragtig en Willie jy is stout, hahaha.
6 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


Liefde
Hulle sê die Chinas het 'n pil
Sluk een vir elke tien jaar afslag
Daar is 'n China Town in Gauteng
Loop koop vir ons elkeen vier van daai pille
Ek het die kombers en weet van die afgesonderde rivier wal

Ek start solank die kar.
6 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar