Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek voel jou
om ruwe rante van rots
as stormsterk skuimwaters
daaraan kom lek en klots

Ek ruik jou
in kosmos langs roesdoringdraad
as hul deuntjie-neurend saamwieg
weet ek dis jy wat daar praat

Ek hoor jou
in visarend-magiese koningskree
as hy vryval-tol en veerpyl duik
glo ek hy wil liefdeskode afgee

Ek sien jou
in elk Skepperskets perfek gemaak
as dit skildery-hang aan atmosfeer
bid ek vir liefde ook so volmaak



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefde
So uitmuntend gepen! Applous
5 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud


Liefdes sintuie
dankie vir jou pragtige bydrae tot die Liefde projek
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


liefde
wow dis besonders mooi geprn. lieflike gedagte hier.
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


liefde
wat n pragwerk
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


liefde
Goed gedoen met hierdie een, Elvina :-)
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


Sintuie
Voel, sien en hoor dit!
Ja, so is ware liefde, dink ek.

Baie goeie werk, Elvina. *****
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


Sintuie
Die strewe en soeke na die perfekte liefde sal seker maar altyd met ons wees.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


Sintuie
Pragtig!!
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


sintuie
Mmmm, ja so hoort dit! Ek hou hiervan.
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


liefdes sintuie
dit laat my onthou hoe dit moes gewees het
hy raak my binne waar dit saak maak
dankie
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud


Liefdes sintuie
Ongelukkig sal ons nooit die perfekte liefde vind nie, maar die strewe help om 'n sterker band te vorm. Pragtige skrywe en ek hoop jy vind dit!!!! (as jy dit nie reeds gevind het nie!)
5 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE HIV MOORD

deur neels claasen

n Speurverhaal waarin moderne tegnologie n groot rol speel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar